Uppies se netbal is vanjaar besonder goed en dié feit word ondersteun deur die 17 spelers wat in die onderskeie Robyne-spanne opgeneem is.
Hoërskool Upington se hokkiedogters het besonders goed gedoen tydens die Noord Kaap hokkieproewe. Geluk aan V. Voster, R. Steenkamp & G Bok!
8 Mei het WHS Uppies besoek om aan sport deel te neem. Dit was ‘n heerlike dag en ‘n groot voorreg vir ons om so ‘n skool te akkommodeer.
F.J. Janse van Rensburg, Julio Jantjies en Carlin Harper het 5-7 April ‘n leiersberaad te Universiteit van Vrystaat, Bloemfontein, bygewoon.
Ses tennispelers is gekies om die Noordkaap tennispan te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Hoërskole Toernooi in PTA.
Tydens die Relay for Life het Uppies gewys dat hul harte reg is - Uppies spanne het gewys dat omgee en entoesiasme deel is vd Uppie kultuur
Jandré en Derik en Suezette Steenkamp, het weer tydens die Flamingo gala te Kimberley gewys dat hul hul slag in die swembad ken.
Joe-Lythen Willemse presteer uitstekend op die atletiekbaan hy het 2 goue medaljes vir die 200m en verspring verower.
Tydens die Sprints 2012 het Uppies gewys dat hul hul slag in die water ken - 5 goue medaljes , 3 silwer en 4 brons.
